     
=====================================================================
Die demografie van Afrikaans (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Die demografie van Afrikaans

Prof. Jan L. Sadie,   bekende demograaf en afgetrede hoogleraar van die departement ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, gee aan die hand van sy spesialisveld sy siening, wat optimisties is, van die huidige stand van Afrikaans. 

Demografiese magte het die status van Afrikaans opgebou en demografiese magte is besig om hierdie status te ondermyn, indien nie af te breek nie. 

Tot April 1994 het die groter bevolkingsbasis en ietwat hor fertiliteit van die Afrikaanssprekende blankes -- die bron van die Nasionale Party se sterkte -- die regering in staat gestel om die beginsel van tweetaligheid, en dus die noodsaak om Afrikaans onder die knie te kry, toe te pas. Verseker deur die beskerming wat die owerheid aan hul taal besorg het, het die Afrikaanssprekendes hulle gewillig getoon om op die gebied van taalgebruik die mindere te wees: Wanneer daar by 'n byeenkoms vyf mense uit honderd nie Afrikaans magtig was nie, was die ander bereid om Engels as kommunikasiemedium te gebruik; wanneer die persoon wat bedien, met genoegdoening konstateer dat hy/sy "do not speak that language", het jy dan maar sy/haar medium gebruik; dekades lank het Afrikaanssprekendes die produkte gekoop van ondernemings wat Afrikaans misken. Op hierdie wyse het Afrikaners binne die blanke gemeenskap ten minste 'n belangrike bydrae tot vreedsame saambestaan gelewer. 

Hierdie modus vivendi is in April 1994 versteur deur die demografiese magte wat hulle in 'n nuwe verkiesingsbedeling laat geld het. 

Die ANC/Cosatu/SAKP Alliansie het na die stembus gegaan met 'n potensile swart ondersteunerskorps wat 9 189 000 meer as die nie-swartes getel het. Die getalle-oorwig groei aan tot 12 373 000 in die verkiesingsjaar 1999, wat die ANC in 'n onaantasbare posisie plaas. 

Meer as die helfte van die toename tussen 1948 en 1994 is te danke aan die gesondheidsdienste van die apartheidsregering en die ekonomiese groei wat deur nie-swart ondernemingskap genisieer is. Die infantiele mortaliteitsyfer per 1 000 geboortes het in di tydperk vanaf 162 tot 55 afgeneem, en die lewensverwagting by geboorte het met 53% toegeneem (van 41 tot 63 jaar), wat die natuurlike aanwaskoers van 2 tot 3% per jaar opgeskuif het (voordat dit as gevolg van 'n verlaging in fertiliteit tot 2,4% gedaal het). 

Dis welbekend dat die nuwe regering sy demografies gewekte politieke mag gebruik om Afrikaans tot 'n onbenullige dialek in die openbare lewe te probeer afskaal. En hy doen dit met 'n belastingbron wat nie deur sy ondersteuners gegenereer is nie, maar in belangrike mate deur Afrikaners. (Die swart gemeenskap dra slegs 21% by tot die koste van onderwys, gesondheid, behuising en ander maatskaplike dienste wat deur die nasionale begroting tot hulle beskikking gestel word. En hierdie syfer geld vir die jaar voordat die ANC met sy verhewigde herverdeling vorendag gekom het.) 

Die resultaat van die ho fertiliteit (twee keer di van ander groepe) en dalende mortaliteit -- d.w.s. die swart getalle-oorwig in die bevolkingsamestelling -- is tot 'n meriete-kriterium, en Afrikaanstaligheid tot 'n onverdienstelikheid verklaar wat aanstellings in poste betref. 

Die reg tot moedertaalonderwys word nie deur die grondwet gewaarborg nie. Dit is onderworpe aan die voorwaarde van "uitvoerbaarheid". En dit kan deur middel van demografiese magte onuitvoerbaar gemaak word. 

Swart kinders van skoolgaande leeftyd neem toe met gemiddeld 173 600 per jaar (netto), terwyl die kindertal van die nie-swart groepe teen 'n koers van 9 500 per jaar verminder. Met behulp van hierdie dispariteit en die gesubsidieerde verskuiwing van swart leerlinge -- met hul getalle- oorheersing van 4,7 tot 1 (in die jaar 2001) -- na nie-swart skole, word dit moontlik om Afrikaanssprekende leerlinge in die meeste skole tot minderhede te reduseer sodat onderrig in Afrikaans dan tot onuitvoerbaar verklaar kan word. 

'n Nasionale Kommissie vir Hor Onderwys meen dat tersire onderwysinrigtings nie die mag behoort te h om te besluit of hulle Afrikaans as medium wil behou of bevorder nie. Met die demografiese magte en met die toepassing van 'n beginsel van tersire onderwys as 'n mensereg -- d.w.s. sonder toepaslike kwalifikasies en sonder betaling van klasgelde -- kan ook hierdie inrigtings se Afrikaanstaliges tot minderhede gedwing en die gebruik van Afrikaans "onuitvoerbaar" verklaar word. Intussen word die stryd teen Afrikaans op die kampusse met brute geweld gevoer. Te oordeel na die swygsaamheid van hul politieke meesters, word die optrede van die geweldenaars goedgekeur of ten minste gekondoneer. 

'n Bewind wat hoog opgee van nasiebou, wil dit blykbaar bevorder deur die geestelike kommunikasiemiddel van miljoene mense te vertrap, waardeur hulle hierdie mense tot vyande maak. 

Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat die tirannie van getalle teenoor Afrikaans gaan slaag. Daar is, afgesien van alle ander bepalende faktore, hier ook 'n demografiese dimensie, kwantiteite vergesel van kwaliteit, wat as 'n teenvoeter sal dien. Ons kan -- met 'n aanpassing vir die TBVC lande wat nie by die algemene sensus ingesluit was nie -- die volgende syfers voortvloeiend uit die 1991-sensus ten opsigte van die taalverdeling in Suid-Afrika verstrek. 

Huistaal Blank Kleurling Asir Swart Totaal % 
Afrikaans	 2 916 500	 2 732 700	 12 900	 88 700	 5 750 800	 15,2	 
Engels	 1 961 800	 492 100	 936 600	 46 200	 3 436 700	 9,1	 
Afrikatale	 			27 831 700	 27 831 700	 73,8	 
Ander	 189 800	 60 900	 37 100	 430 100	 717 900	 1,9	 

Totaal 

37 737 100	 100,0	 

Daar is hier geen onduidelikheid nie dat wat huistaal onder die nie-swart gemeenskap betref, Afrikaans 'n oorheersende posisie beklee met 'n aanhang van byna 5,8 miljoen mense in vergelyking met 3,4 miljoen in die geval van Engels: 'n getalleverhouding van 1,67 tot 1. Die aantal bruin Afrikaanstaliges tel nie veel minder as die blankes nie (2,7 miljoen teenoor 2,9 miljoen). 

Indien die kinders huistaalgewys in die voetspore van hul voorouers volg, sal die taalverdeling teen die jaar 2011 soos volg lyk: Afrikaanssprekendes 6,7 miljoen; Engelssprekendes 4,0 miljoen. 

'n Mens kan seker aanneem dat daar onder hierdie 5,8 tot 6,7 miljoen 'n aantal sal wees wat in hul geesdriftige ondersteuning van die nuwe regering nie sal omgee wat hy met hul moedertaal aanvang nie, maar hulle sal 'n klein minderheid wees. 

Hierdie miljoene is 'n vesting vir die toekoms van Afrikaans. Dis ook moontlik dat hul invloed versterk kan word deur swart mense wie se tweede taal -- wat hulle praat, of praat en lees, of praat, lees en skrywe -- Afrikaans is. Wanneer ons hulle getalle in aanmerking neem en ook die vergelykende syfers vir Engels-taalvaardiges bepaal, kry ons die volgende uitslag vir 1991. 
Afrikaans: huistaal	 5 750 800	 

taalgeletterdheid	 9 436 600	 

15 187 400	 
Engels: huistaal	 3 436 700	 

taalgeletterdheid 	11 636 400	 

15 073 100	 

In hierdie brer verband het Afrikaans en Engels 'n ongeveer gelyke aanhang met betrekking tot taalgeberuik in Suid-Afrika. 

(Dit is, tussen hakies, hierdie gegewens wat die SABC, met behulp van een of ander vorm van syferwiggelary, tot oorheersende status vir Engels oor die beeldradio omgetower het.) 

Die mense met Afrikaans as huistaal beskik oor ekonomiese bronne wat van hulle 'n belangrike markfaktor maak. 'n Skatting van die verdeling van persoonlike inkome volgens huistaal lewer die volgende resultate vir die jaar 1991. 

Taal Miljoene Rand % 
Afrikaans	 79 020	 36,5	 
Engels	 74 000	 34,2	 
Afrika	 57 380	 26,5	 
Ander	 6 140	 2,8	 

Totaal 

216 590	 100,0	 

Hierdie derde van die persoonlike inkome wat tot hul beskikking is, kan deur Afrikaansssprekendes ingespan word om al die pogings hok te slaan wat deur sakeondernemings aangewend word om Afrikaans in hul etikettering en bemarking te misken. Ook die regering en die SABC moet die finansile dwaasheid van hul beleid toenemend ondervind. Wie nie wil hoor nie, so lui die gesegde, moet voel. 

Uit die demografiese teenmagte wat hierbo uiteengesit is, is optimisme af te lei. Die enigste wesenlike gevaar is "kernvrot": Afrikaners wat hul moedertaal minag om politiek-korrek en die nuwe regering ter wille te wees. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av344.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 